ALBERT

All Library Books, journals and Electronic Records Telegrafenberg

Your email was sent successfully. Check your inbox.

An error occurred while sending the email. Please try again.

Proceed reservation?

Export
Filter
  • Linguistics  (3)
  • Die identiteit van die verbeelde Afrikaanssprekende gemeenskap soos vergestalt in gedrukte advertensies uit kommersiële tydskrifte  (1)
  • Afrikaans  (4)
  • 2020-2024  (4)
  • 2010-2014
  • 2023  (4)
  • 1
    facet.materialart.
    Unknown
    African Sun Media | Sun Press
    Publication Date: 2024-03-24
    Description: Vir die eerste keer in Afrikaans (die jongste Westerse taal wat in die afgelope eeu reeds sy eie unieke letterkunde geskep het) word die verhaal van Grieks vertel, die oudste Westerse taal waarin feitlik al die bekende literêre genres hul weergalose vorm en gestalte gekry het. Hoewel hierdie publikasie basies linguisties van aard is, poog die skrywer om die dramatis personae self ook aan die woord te stel in plaas van om net in taalkundige jargon te verval. Om ’n werk soos hierdie saam te stel, vereis kundigheid in verskeie vaksubgebiede wat begin by oer-Grieks in sy sillabiese lynskriffases A en B. Die Grieks van die Goue Era van Perikles se Athene (circa 500 v.C.) is die bekendste. Min mense besef egter dat Homeros bedrieglik pre-klassiek is. Die klassieke Griek kon sy twee groot eposse (die Ilias en die Odusseia) nie sonder meer vlot lees nie. Dit was hulle Chaucer en Shakespeare. Die Griekse NT is sekerlik die belangrikste dokument wat ooit in Grieks opgestel is, hoewel dit stilisties nie naastenby die beste is nie. Vir sy bespreking van veral die semantiek van Moderne Grieks gebruik die skrywer hier vir die eerste keer dr. Philip Nicolaïdes se uitvoerige Grieks-Afrikaanse Woordeboek van 843 foliogrootte bladsye. Dis teen die middel van die vorige eeu opgestel, maar is nooit gepubliseer nie. Gerrit Kruger besit vandag die enigste (oorspronklike) kopie daarvan.
    Keywords: Linguistics ; thema EDItEUR::C Language and Linguistics::CF Linguistics
    Language: Afrikaans
    Format: image/jpeg
    Location Call Number Expected Availability
    BibTip Others were also interested in ...
  • 2
    facet.materialart.
    Unknown
    African Sun Media | Sun Press
    Publication Date: 2024-03-24
    Description: Kaaps as Afrikaanse omgangsvariëteit word deur verskillende outeurs vanuit diverse invalshoeke betrag. Die boek beslaan nege hoofstukke in twee afdelings wat onderskeidelike die taalkundigheid en die kontekstuele gebruike van Kaaps bekyk. Dis gebaseer op referate wat gelewer is by die eerste simposium oor Kaaps in 2012. Kaaps word in die boek voorgehou as ’n waardige, talig genuanseerde en lewenskragtige vorm van Afrikaans. Die ekonomiese potensiaal van Kaaps en die benutting daarvan as onderwys- en joernalistieke medium word ook bespreek.
    Keywords: Linguistics ; thema EDItEUR::C Language and Linguistics::CF Linguistics::CFB Sociolinguistics
    Language: Afrikaans
    Format: image/jpeg
    Location Call Number Expected Availability
    BibTip Others were also interested in ...
  • 3
    facet.materialart.
    Unknown
    African Sun Media | Sun Press
    Publication Date: 2024-03-24
    Description: “Hierdie werk is ’n kombinasie van oorspronklike (nuwe) navorsing, die herbewerking van vroeër gepubliseerde werk, asook die verwerking van lesings en referate. Die bydraes in die bundel dra by om onontginde terreine te ondersoek en ander te verfyn in die lig van nuwe insigte." - Prof. Wannie Carstens, Noordwes-Universiteit
    Keywords: Linguistics ; thema EDItEUR::C Language and Linguistics::CF Linguistics::CFF Historical and comparative linguistics
    Language: Afrikaans
    Format: image/jpeg
    Location Call Number Expected Availability
    BibTip Others were also interested in ...
  • 4
    facet.materialart.
    Unknown
    UJ Press | UJ Press
    Publication Date: 2024-03-23
    Description: Met J.C. Steyn en Afrikaans – ’n viering huldig ’n aantal bekende (Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap) Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die vakkundige bydraes word sy akademiese werk – as taalkundige, taalhistorikus, biograaf, digter en kreatiewe skrywer – belig. Die afwisseling van taalkundige, letterkundige en skeppende bydraes wil iets weergee van die verskeidenheid van Jaap Steyn se lewenswerk. Die briefwisseling tussen Steyn en prof. Elize Botha (1973 tot 1991) is die enigste plek waar Steyn self uitvoerig aan die woord gestel word. Dit betref ’n tydperk waarin van sy belangrikste werksaamhede as kreatiewe skrywer plaasgevind het. Steyn se briewe getuig van sy gebruiklike deeglikheid, maar ook van sy eiesoortige taalvernuf, persoonlike nederigheid en oopheid vir kritiek. In baie van die skeppende bydraes word juis op hierdie persoonlikheidseienskappe gefokus én op die onvermydelike sloping wat die ouderdom meebring. Dit is opvallend dat baie van die taalkundige bydraes aspekte belig waaroor Steyn self uitvoerig gepubliseer het en soos ’n goue draad loop deur sy taalkundige werk: die geskiedenis van Standaardafrikaans en die stryd om die erkenning van Afrikaans as selfstandige, amptelik erkende, en deeglik gestandaardiseerde taal, asook die fokus op identiteit, taalverandering en taalhouding. In letterkundige bydraes weer is dit opvallend hoeveel daarvan konsentreer op die “grens-gegewe”: selfdoding, die periferale situasie van homoseksuele en bejaardes, die komplekse verhouding tussen outeur en karakter in die biografie, kultuurgrensoorskrydings en grensdeurbreking op die terreine van die narratologie en genre.
    Keywords: Behoedsame skaafwerk ; briefwisseling tussen Elize Botha en Jaap Steyn ; Die vergete Verlore vader van J.C. Steyn ; Twee terugblikgedigte ; Boekensteynfontein ; spitsberaad ; Toe die Derde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls die eerste Afrikaanse woordelys en spelreëls was ; Onomastiek ; Afrikaanse spitse op die leksikografiese landskap ; Apokopoësie ; ’n Sosiolinguistiese bespreking van die taalgebruiksvergestalting van bejaardheid in Elsa Joubert se Spertyd ; Die emeritus en die gespreksgroep ; ’n Kortverhaal ; Institusionele taalbeleid en akademiese taalbeleid – versoenbaar binne taal-in-onderwysbeplanning? ; klaarpraatgedigte ; Geskiedskrywing en beskrywing van Afrikaans: Wat is daar nog te sê? ; Apophrades ; ’n Gedig ; Die identiteit van die verbeelde Afrikaanssprekende gemeenskap soos vergestalt in gedrukte advertensies uit kommersiële tydskrifte ; Representasie as strategiese posisionering: J.C. Steyn se biografieë ; Oorskryding van kultuurgrense: S.J. du Toit ; die koningin van Skeba en Egipte ; die evolusie van skryf ; ’n Argument vir verraad en verset ; dramatologies gelees ; thema EDItEUR::2 Language qualifiers::2A Indo-European languages::2AC Germanic and Scandinavian languages::2ACK Afrikaans
    Language: Afrikaans
    Format: image/jpeg
    Location Call Number Expected Availability
    BibTip Others were also interested in ...
Close ⊗
This website uses cookies and the analysis tool Matomo. More information can be found here...